Thinking Tools Ontwikkelingsprogram en Studietegniek kursusse vir graad 4 tot 12 leerders

Indien jou kind nog nie op skool is nie - van voorgeboorte tot graad 3 - moet jy jou kind 'n voorsprong gee met die Mamma/Juffrou graad RR tot 3, leer dink, leer lees en leer somme doen op die Thinking Tools manier. Kliek HIER vir meer inligting.

Kliek hieronder om meer uit te vind oor jou kind se Thinking Tools kursus

Kliek hieronder om jou kind in te skryf

Indien jy die kursus wil stop, stuur 'n WhatsApp na 0832592857 en vra om te kanselleer.

Thinking Tools het al menige kind en ouer se lewe verander, Jy gaan ook verbaas wees as julle eers ontdek hoeveel potensiaal jou kind se brein het.

Soos vele ander, gaan jou kind ook binne die eerste 3 ure die verskil sien as jou kind begin om 'n hoofstuk uitmekaar uit te haal en weer aanmekaar te sit. Die is asof jou kind die hele hoofstuk op die Thinking Tools metode organiseer en hergroepeer om insig in die vak te kry. Dit gaan jou kind energie en motivering gee om te leer omdat Thinking Tools leer glad nie soos gewone leer is nie. Dit is pret en jy en jou kind begin dadelik om mekaar beter te verstaan.

Hier is 'n voorbeeld hoe 'n Thinking Tools klas werk

Thinking Tools is op die voorpunt van onderrignavorsing in die wêreld en is gebaseer op die ontdekking dat die brein het ingebore Thinking Tools het. Dit is dié ingebore Thinking Tools wat leerders in staat stel om in die algemene lewe inligting in logiese kategorieë te klassifiseer, oorsaak en gevolg te bepaal, vergelyk volgorde en patrone te ontdek. Omdat Thinking Tools ingebore is, leer kinders maklik hoe om dit te gebruik.

Lees verder by jou kind(ers) se kursus van al die voordele van Thinking Tools wat julle gemis het as julle nog nie 'n Thinking Tools kursus gedoen het nie.

Die kursusse van graad 10 tot 12 dek gewone wiskunde. Die kinders wat wiskunde geletterdheid neem val direk in by die wiskunde ekstraklasse.

Kliek HIER om te weet waarom kinders met disleksie beter en vinniger met Thinking Tools leer.

Kliek HIER om uit te vind waarom kinders met ADHD deur Thinking Tools bevorder word.


Waarborg: As jou kind die Thinking Tools gebruik en toepas soos voorgeskryf, sal jou kind se punte styg.

Kies n kursus vir jou kind en sluit aan by die Marvelous Minds klub wat jou kind begelei en ondersteun van jou kind se huidige graad tot veilig deur graad 12.

HOE WERK DIE DIT?

  • Jy kies 'n kursus volgens jou kind se graad en sluit aan by die Marvelous mind klub.
  • Dit kos tans R165 per maand wat jy as 'n subskripsie met jou krediet- of debietkaart betaal.
  • Die betaling kan te enige tyd gekanselleer word (30 dae kennisgewing) waarna toegang tot die kursus verval.
  • Die betalings hou aan tot aan die einde van die jaar waarin jou kind graad 12 skryf.
  • Wanneer die prys aangepas word, gaan dit jou nie raak nie, jy hou aan om net R165 per maand te betaal.
  • Nuwe persone sal die aangepaste prys tot graad 12 betaal.

WATTER WAARDE KRY JY VIR JOU SUBSKRIBSIE?

  • Die 5 x 3-uur kursus wat jou kind gaan leer om selfstandig te dink en dit in eksamens en die regte lewe toe te pas om ingeligte besluite te neem.
  • Jou kind ontwikkel probleemoplossings-vaardighede.
  • Jou kind gaan vinniger leer en beter punte behaal.
  • Jou kind se kreatiwiteit word gestimuleer.
  • Jou kind se kommunikasievaardighede gaan verbeter. Daar gaan 'n beter verstandhouding tussen jou en jou kind ontwikkel.
  • Jou kind leer om eksamenvrae beter te verstaan wat beter antwoorde en beter punte gee.
  • Teen die tyd wat jou kind 'n toets of eksamen skryf is die meeste van die werk reeds bemeester en geen krisisbestuur nie.
  • Die unieke benadering wat net met Thinking Tools benadering moontlik is, laat jou kind se selfvertroue en selfbeeld styg.

Kliek HIER om te sien hoe dink ons anders, beter en slimmer oor wiskunde.


Kies jou kind se kursus hier volgens jou kind se graad.

Graad 4 Thinking Toolskursus 
Graad 5 Thinking Toolskursus 
Graad 6 Thinking Toolskursus 
Graad 7 Thinking Toolskursus 

Graad 8 Thinking Toolskursus 
Graad 9 Thinking Toolskursus 
Graad 10 Thinking Toolskursus 
Graad 11 Thinking Toolskursus 

Mamma/Juffrou graad RR tot 3 kursus

Voorbeelde van wat jy kan verwag in die kursus.

Hier is 'n voorbeeld hoe die interaktiewe kursus werk

Hier kan jy sien hoe jou kind van die bekende tot die onbekende gelei word

Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.