Graad 9 Thinking Tools Ontwikkelingsprogram en Studietegniek kursus vir slegs R165 per maand - alle vakke




Graad 9 Thinking Tools Studietegniek

Wat jy wil weet

Vandag se kinders se breine werk anders. Hulle kan met rekenaars en slimfonein in een internetsoektog baie gou meer inligting versamel as wat in 'n les aangebied word. Boonop geniet hulle dit.

Ons gebruik hierdie vaardighede van jou kind om in Google gaan rondkrap net so om skoolwerk mee te leer.

Verder is ons leerders is suksesvol omdat ons lank terug al geleer het dat ons rol as onderwysers moet verander na die van 'n kurator (afgelei van die Latynse woord wat ‘om te sorg’ beteken).

Thinking Tools kurator-onderwysers is kurrikulumkundiges wat opgelei is om kinders se ondersoekvaardighede op doelgerigte maniere in te span. So werk ons saam met jou kind deur elke silabustema.

Hoe doen ons dit? Ons rig en fasiliteer jou kind denke op wetenskaplike maniere om jou kind se kritiese en kreatiewe denke te ontwikkel. Dit stel jou kind in staat om skoolwerk- kennis self te kan ontdek.

So leer ons jou kind 'figure out' vaardighede in wiskunde en al die ander vakke. Dit is een van die hoofredes waarom jou kind se punte styg.


Ons help jou kind met al die vakke.

Waarom is Thinking Tools benadering tot wiskunde uniek?

  • Tradisioneel word jou kind onderrig om wiskundemetodes of resepte te volg en dit is waar die probleme met wiskunde begin want die brein is nie bedraad om resepte te onthou nie. Daarom leer ons jou kind om somme uit te figure.
  • Ons identifiseer en versterk die wiskunde boublokke wat gemis is, sodat jou kind met selfvertroue kan leer hoe om somme uit te figure.
  • Hierdie sterk fondament verseker nie net toekomstige sukses nie, maar verbeter ook onmiddellik jou kind se graad 3 wiskunde punte.
  • Indien jou kind op hierdie stadium nog nie somme self kan uitfigure nie, het jou kind reeds 'n agterstand.
  • Ons kinders se agterstand is groter as wat algemeen besef word en skole is nie in staat om dit in te haal nie. Omdat ons kinders nie dinkfiks is nie, gaan hulle kinders meer en meer agter raak. Daarom moet jou kind so gou as moontlik begin om DINK-ure op te bou.
  • Die groot voordeel is dat die brein ingebore Thinking Tools het. Dit is waarom jou kind in die alledaagse lewe inligting in logiese kategorieë kan klassifiseer, oorsaak en gevolg kan bepaal, volgorde en patrone kan ontdek, en vergelykings kan tref. Ons gebruik dieselfde Thinking Tools om jou kind te help om al die vakke te leer en wiskunde te verstaan, eerder as om net stappe te volg.
  • Die Thinking Tools-kursus rus jou kind (en jou) toe met Thinking Tools wat jou kind in staat stel om eienaarskap van sy of haar eie denke te neem.
  • Daarom sal jou kind self 'n tema of 'n som kan ontleed. Gedurende die dinkproses begin jou kind self verwantskappe en patrone te ontdek. Hierdie "AHA"-oomblikke of insigte word deel van jou kind se langtermyngeheue en word nooit vergeet nie.
  • Jou kind se leerwerk en vordering word onmiddellik sigbaar. Dit verbeter die verhouding tussen jou en jou kind, wat help dat punte styg.
  • Dit is waarom ek jou kind met wiskunde bystaan tot by graad 12.


Hier is n voorbeeld hoe julle jou kind se ingebore Thinking Tools gaan ontdek

Wat is ingesluit?

  • Nadat jy op die Marvelous Minds webwerf ingeskryf het, volg die voorgeskrewe stappe. Onthou die Enrolment Key is 2024

  • Jy sal toegang hê tot die kursusmateriaal wat jy moet uitdruk. Die hoofstukke word tydens die sessies bespreek.

  • Jy kry toegang tot 'n WhatsApp groep waar ek en ander onderwysers vrae beantwoord, hulp verleen en die regte rigting aandui.

  • Begin dadelik met Sessie 1 (video 1) begin julle om aan die werk te spring en stuur eers julle werk vir my en daarna op die graad se WhatsApp groep. Jou kind kry persoonlike aandag. Sodra terugvoering gegee is het jy volle toegang tot al die opgeneemde wiskunde ekstraklasse.

  • Jy kan so gou moontlik begin om die lewendige Zoom ekstraklasse by te woon. Dit is in orde as jou kind net wil waarneem en nie deelneem aan die gesprekke nie.

Gratis Wiskunde Ekstraklasse :

Die graad 9s se wiskunde ekstraklasse wat lewendig met Zoom gedoen word, is Dinsdae van 20:00 tot 21:00 .

Elke klas word opgeneem en kan van die daaropvolgende week oor en oor aanlyn gekyk word.

Wat is die koste?

Jou belegging in jou kind se toekoms is slegs R165 per maand.

Kanselleer enige tyd.

Hoe skryf ek in?

Stap 1: Registreer Gratis op die Marvelous Minds Platform - gebruik 2024 as Enrolment Key. Voor julle inskryf en betaal het julle gratis toegang tot 'n voorbeeld van een wiskunde ekstraklas per graad om te sien hoe ons kinders leer om somme uit te figure

Stap 2: Kies jou kind se Graad en Betaal

Algemene Vrae

  • My kind het disleksie, sal Thinking Tools werk? Kliek HIER om uit te vind oor die navorsing en hulp.
  • Kliek HIER om uit te vind waarom kinders met ADHD deur Thinking Tools bevorder word.


Belê vandag in jou kind se toekoms!

Terugvoer oor die kursus

Graad 9 mammas se terugvoer na die kursus.

Die kinders se terugvoer aan die einde van die Thinking Tools kursus.

Graad 9 leerders se terugvoer oor hul Thinking Tools ervarings

Gedurende hierdie 30 sekondes vertel leerders van hul eie breinkrag.

Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.