Mamma/Juffrou Graad RR tot 3 Leer Dink, Leer Lees en Leer Somme Doen die Thinking Tools Manier


1

Hierdie is die ideale kursus wat tuisskool mammas bemagtig om hulle kinders se volle potensiaal te ontwikkel. Ook vir mammas wat wil verseker dat hulle kinders skoolgereed is en veilig tot by graad 4 wil help.

Wat jy wil weet

Die doel van die kursus is om jou stap vir stap en jaar vir jaar van babajare tot verby die grondslagfase te vat. Jy gaan van die begin af op 'n WhatsApp groep wees waar jy kan vrae vra en jou eie ervarings kan deel.


Wat hierdie kursus uniek maak is dat ons nie in grade dink nie. Ons dink op 'n ontwikkelingslyn van geboorte af. Jy gaan leer dat jou kind met Thinking Tools gebore is en dat hulle reeds binne 'n week na geboorte sigbaar is en verder ontwikkel kan word. 'n Mens moet net weet hoe en waarvoor om te kyk. Jy gaan gewys word hoe om 'n balans tussen jou kind se kognitiewe (verstandelike), sosiale en emosionele vaardighede te verseker.

Hierdie kursus bemagting ouers/grootouers/voogde om hul kinders deur 'n verskeidenheid beplande aktiwiteite skoolgereed te maak en deur graad 1, 2 en 3 jou kind te leer dink, beter en met begip te leer lees en somme op verskillende moeilikheidsgrade te doen.

Daarom word die kursus beskryf as die opvoedingshandleiding waarsonder jou kind gebore is.

Wat is ingesluit?

Alle kursus materiaal is onmiddelik aanlyn beskikbaar om afgelaai te word


'n Zoom-gesprek met die arbeidsterapeut Frances Joubert wat praat oor:

  • Die fondasie vaardighede en bou blokke van al die ontwikkelingsareas asook die mylpale waaraan dit gemeet word.
  • Tekens van nie-skoolgereed en die risiko-faktore daaraan verbonde.
  • Hoe om skoolgereedheid aan te moedig in elke ontwikkelingsarea.

Daar is 'n bonus Engelse sessie LEARN TO READ AND WRITE sessie wat ek van die Foundation Phase Engelse onderwyser kursus hier bygevoeg het. Omdat Afrikaans net 17 Klanke het en Engels 44 Klanke en dit is nodig dat jou kind 'n goeie Engelse leerlees grondslag sal kry. Daar is ook advies oor ander leer lees kursusse.


Die kursus is geregistreer by SACE en jy as jy n onderwyser is verdien jy 30 CPTD punte. Jy ontvang ook 'n Thinking Tools SERTIFIKAAT.

Wat is die koste?

Jou belegging is slegs R700 die volledige kursus.

Jy kan dit ook in twee paaiemente van R350 met 'n debiet- of kredietkaart betaal of 3 paaiemente van R233.

Hoe skryf ek in?

Registreer gratis op die Marvelous Minds Platform: Die "Enrollment Key" is 2024

Nadat jy ingeskryf het druk jy die dokumente uit en sluit aan by 'n WhatsApp groep waar jy hulp en ondersteuning kry.


Terugvoer oor die kursus

Juffrou Marista Naudé se terugvoer na die mamma juffrou leer DINK Thinking Tools sessie.

Juffrou Rencha le Roux se terugvoer na die leer lees deel van die Mamma Juffrou kursus.

Juffrou Janine Jooste (graad 3) se terugvoer na die leer lees deel van die Mamma Juffrou kursus

Juffrou Ninka Kok se terugvoer oor die Thinking Tools metode om die begripstoets te doen

Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.