Die Thinking Tools Grondslagfase Onderwyserkursus

Bemagtig Leerders Reeds Gedurende Die Grondslagfase Om Hulle Ingebore Thinking Tools Te Gebruik

Waarom word kinders se potensiaal nie deur die stelsel toegelaat om te ontwikkel nie?

Daar word geglo kennis is mag. Dit is nie waar nie, probleemoplossing is mag.

In die skool word inligting eerste gestel en word 'n kind se brein as 'n fotostaatmasjien gesien.

Die kind se brein het nie die vermoë of kapasiteit om al die bladsye van 'n handboek te absorbeer en te verwerk nie.

Om hierdie tekortkoming te oorbrug word jou kind geleer om opsommings te maak wat ongeveer so werk:

Die inhoud van 'n hoofstuk word op 'n paar bladsye saamgevat en dan verder verminder tot 'n A4 -bladsy. Daarna word die A4 -bladsy wod verminder tot 'n A5-bladsy en die A5 moet in 'n kwart bladsy inpas wat weer verminder word tot sleutelwoorde.

Omdat alles minder gemaak word, kan eksamenresultate wat op hierdie metode berus nooit die brein se volle potensiaal weerspieël nie.

Wat is die waarheid oor die brein?

Die brein is 'n groter-maker.

As die brein 'n woord, byvoorbeeld, 'boom' hoor, begin die brein onmiddellik verbindings te maak en konnekteer dit aan ander konsepte soos blare, wortels, skaduwee, water, reën , teerpad, vakansie, ens.

Die probleem is dat jou kind deur opsommings en studiemetodes geleer word die werk kleiner en minder te maak terwyl die eksamen vereis dat die brein inligting moet uitbrei vir meer punte – KRISIS!

Is dit regverdig om van die brein wat opsommings-fiks is te verwag om tydens die eksamen groter te kan maak? Dit is soos om 'n atleet voor te berei vir 'n 100 meter wedloop en dan die dag van die kompetisie van die atleet te verwag om oor 'n dwarslat te spring.

Kinders word gekroek en daarom hou hulle nie van leer nie.

Omdat alles minder gemaak word, kan eksamenresultate wat op hierdie metode berus nooit die brein se volle potensiaal weerspieël nie.

Die grootste rede waarom kinders swak doen is omdat die brein misverstaan word. Die brein is 'n groter maker daarom werk studiemetodes werk teen die bedrading van die brein. Hier is hoe dit regtig WERK.


KRY KINDERS SELFS VOOR GRONDSLAGFASE EMOSIONEEL, KOGNITIEF EN FISIES GEREED

Omdat Thinking Tools ingebore talente is, kan kinders reeds van so jonk as graad RR aan Thinking Tools bekendgestel word.

Dit is om dié rede dat daar 'n Mamma/Juffrou Graad RR tot 3 leer dink, leer lees en leer somme doen die Thinking Tools manier kursus is vir mammas, oumas en juffrouens is. 

Die doel van die mamma/juffrou kursus is om kinders emosioneel, kognitief en fisies gereed te kry vir graad 1 en verder.

Hoe Die Thinking Tools Grondslagfase Kursus Jou As Onderwyser Help

NIKS in hierdie kursus hou verband met hoe jy as onderwyser opgelei is nie. ELK van die onderwerpe is opwindend nuut en jy kan 'n hele aantal paradigmaverskuiwings verwag.

Binne die eerste sessie sal jy leer hoekom jou huidige onderrigpraktyke nie vrugte afwerp soos jy verwag het nie en hoekom jou onderrigdrome nie waar geword het nie.


Jy sal ontdek dat die brein aangebore Thinking Tools het en hoe om jou leerders te bemagtig om dit te gebruik om jou vak te bemeester. Dit sal hulle in staat stel om temas in jou vak in logiese kategorieë te klassifiseer, oorsaak en gevolg te bepaal, vergelyk en te kontrasteer, patrone raak te sien en baie meer.


Jou leeders sal kennisskeppers in plaas daarvan om kennisverbruikers te wees. Jou onderrigstyl gaan onmiddelik verander omdat jy gaan weet hoe om leerders se aandag te behou.

Die Thinking Tools metode gaan jou leerders bemagtig om woordsoorte baie vining te herken en gebruik sonder dat jy dit oor en oor moet verduidelik. Daar is 'n besondere tegniek wat dit vir hulle maklik maak om sinne en paragrawe uit te dink. Dít tesame met ander Thinking Tools gaan hulle bemagtig om beter te doen met eenvoudige en moeiliker begripstoetse.


Daar is Thinking Tools tegnieke om analoog en digitale tyd makliker te leer lees. Dit word gebaseer op die kinders se ingebore chronosensor (tyd-sensor) waarvan jy meer gaan leer en hoe om dit te ontwikkel en ouers te adviseer daarmee. Sodra leerders se chonosensor die nodige aandag gekry is, sukkel hulle nie meer om tyd te lees nie.


Behalwe die tegnieke vir tafels, tyd, optel en aftrek wat gerig is op begrip en nie net volg van stappe nie, is daar tegnieke om woordsomme te doen. Die groot probleem met

woordsomme is dat die kinders nie die som self begryp nie. Dit is die hoofrede waarom hulle nie woordsommme kan doen nie. Daarvoor het Thinking Tools 'n stap-vir-stap dinkmetode wat hulle help om om eers die som te verstaan voordat hulle die som doen.


Jy gaan ook die Thinking Tools metode leer om kinders breuke te laat ontdek en om breuksomme in graad 3 te doen nadat hulle ekwivalente breuke self ontdek het.

Aan die einde van die kursus is daar n webinaar met die arbeidsterapeut Frances Joubert wat praat oor:

  • Die fondasie vaardighede en bou blokke van al die ontwikkelingsareas asook die mylpale waaraan dit gemeet word.
  • Tekens van nie-skoolgereed en die risiko-faktore daaraan verbonde.
  • Hoe om skoolgereedheid aan te moedig in elke ontwikkelingsarea.

Waarom presteer kinders beter met Thinking Tools?

Jy gaan hulle leer om:

  • Inligting te soek en te klassifiseer en te orden.
  • Analogieë raak te sien, byvoorbeeld voëls het vere soos soogdiere pels het EN dat aftrek minder maak soos optel meer maak.
  • Dinge met mekaar te vergelyk en ooreenkomste en verskille te identifiseer, soos byboorbeeld wat die verskille en ooreenkomste tussen winter en somer is.
  • Oorsaak en gevolg patrone raak te sien, te begryp en toe te pas.
  • 'n Logiese verloop te kan uitpak soos in die geval van lewenssiklusse.
  • Krities te dink en vrae te vra.

Jou leerders gaan leer van kommunikasie-etiek, hoe om 'n leier en spanspeler te wees en hulle norme en waardes gaan opgeskerp word.

Wat jy kan van die kursus verwag?

Jy kan verwag dat jou leerders harder en meer gerig sal werk terwyl jy minder sal sal werk. Om met Thinking Tools te leer is vet pret vir die kinders omdat dit hulle in staat stel om sukses te bereik. Jou swakker leerders gaan eerste beter doen en begin om aktief deel te neem aan klasaktiwiteite en ook begin om akademies te waag.


Jou klaskamerbestuur en dissipline sal verbeter omdat die Thinking Tools-benadering gegrond is op goeie verhoudings.


Jou leerders se punte sal styg en hulle sal meer gemotiveerd wees om te leer.

NIKS in hierdie kursus hou verband met hoe jy as onderwyser opgelei is nie. ELK van die onderwerpe is opwindend nuut en jy kan 'n hele aantal paradigmaverskuiwings verwag.

Binne die eerste sessie sal jy leer hoekom jou huidige onderrigpraktyke nie vrugte afwerp soos jy verwag het nie en hoekom jou onderrigdrome nie waar geword het nie.

Kyk hoe draai die onderwysers se koppe en gaan hulle oë oop oor wat die rol van 'n onderwyser regtig in die klas moet wees.

Hoe werk die kursus?

Dit is 'n interaktiewe aanlynkursus wat jy een jou eie tyd en pas doen. Met interaktief word bedoel dat jy by die kursusgesprekke betrek word en so saamleer en doen.


Tydens die eerste sessie val die fokus op opwindende nuwe kopskuiwe. Sessies 2 tot 4 fokus op die Thinking Tools is, hoe elkeen werk.

Tydens sessies 5 en 6 gaan jy leer hoe om jou leerders te bemagtig om Thinking Tools in jou vak te gebruik.

Die sesde hoofstuk gee ook vir jou praktiese lesbeplanning riglyne om die kinders aan die gang te kry.

Jou leerders gaan 'n Thinking Tools werkboek hê waarin jy duidelik kan sien wat 'n leerder weet en nie weet nie. Jy kan dieselfde werkboek tydens oueraande kan gebruik om aan ouers en voogde hul kind se vordering te wys.


Nadat jy die kursus voltooi het, word jy uitgenooi na dink-webinare waar ons nuutse insigte deel, lesbeplanning bespreek en jou verder ontwikkel teen geen ekstra koste nie.

Jy ontvang ook 'n sertifikaat wat jou nuwe bekwaamhede aandui. Jy kan dit ook op jou CV aandui.

Hier is 'n oorsig oor die INHOUD VAN DIE KURSUS.

Terugvoer oor die kursus

Luister na Celeste se terugvoer oor interaksie en sosialisering in die klaskamer.

Grondslagfase juffrouens se terugvoer na die eerste sessie.


Hoe gouer jy inskryf, hoe vinniger gaan jou leerders kwaliteit werk lewer, jou vak gaan geniet en punte styg.

Direk nadat jy geregistreer het, gaan jy by 'n lesbeplannings WhatsApp-groep aansluit waar jy gratis verder ondersteun word en self ook nuwe dinge kan uitdink waarby ons almal kan baat.

Die koste van die kursus is R800 vir die volledige kursus wat jy met 'n EFT of krediet- of debietkaart kan betaal.

Indien meer ouer/onderwysers gelyktydig inskryf word die prys beter.

Jy kan ook die kursus in twee paaiemente van R400 elk met jou krediet- of debietkaart betaal.

Jy kan ook die kursus in vier paaiemente van R200 elk met jou krediet- of debietkaart betaal.

Alle dokumente is aanlyn beskikbaar.

Jy verdien 20 CPTD punte en Thinking Tools SERTIFIKAAT.

Hoe gouer jy inskryf, hoe vinniger gaan jou leerders kwaliteit werk lewer, hulle jou vak gaan geniet en punte styg.

Om aan te sluit, kliek hieronder om op die Marvelous Minds webwerf in te skryf.

Na jy geregistreer het kan jy na die hele kursus kyk voor jy inskryf

Nadat jy ingeskryf het, WhatsApp vir Cas met jou naam en van en die graad wat jy onderrig

Direk nadat jy geregistreer het, gaan jy by 'n lesbeplannings WhatsApp-groep aansluit waar jy gratis verder ondersteun word en self ook nuwe dinge kan uitdink waarby ons almal kan baat.

Hier is riglyne wat jou mooi wys hoe om te registreer.

Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.