Die doel van die kursus is om jou stap vir stap en jaar vir jaar van babajare tot by die grondslagfase te vat. Jy gaan van die begin af op 'n WhatsApp groep wees waar jy kan vrae vra en jou eie ervarings kan deel.
Wat hierdie kursus uniek maak is dat ons nie in grade dink nie. Ons dink op 'n ontwikkelingslyn van geboorte af. Jy gaan leer dat jou kind met Thinking Tools gebore is en dat hulle reeds binne 'n week na geboorte sigbaar is en verder ontwikkel kan word. 'n Mens moet net weet hoe en waarvoor om te kyk. Jy gaan gewys word hoe om 'n balans tussen jou kind se kognitiewe (verstandelike), sosiale en emosionele vaardighede te verseker.
Die is waarom die kursus afskop met 'n Zoom-gesprek met die arbeidsterapeut Frances Joubert wat praat oor:
Frances en Juffrou Ruandi Theron van MOUNTAIN CAMBRIDGE SCHOOL. werk as 'n span saam in die klas. Ruandi is 'n graad R onderwyseres wat altyd buite die boks dink en klomp skoolgereedheids-aktiwiteite met ons deel. Hierdie is die terugvoer van een van die juffrouens wat die webinaar bygewoon het:
Om te sê dit was baie insiggewend, is 'n understatement. Ek het baie baat daarby gevind. Dit was wonderlik! Dankie vir die geleentheid. Dit maak ñ mens net honger vir nóg sulke geleenthede om te leer! Ruandi gaan ook opvolgsessies doen.
Daar is opvolgsessies met Frances die arbeidsterapeut in die pyplyn oor onder andere sensoriese sensitiwiteit en linkshandigheid. Frances in ons bystands en remediërings-terapeut wat gaan help van geboorte tot graad 12. Hier is haar Facebook bladsy.
Dan is daar 'n webinare met 'n spraakterapeut en 'n graad 3 juffrou wat wiskunde gee op pad wat jy self ook kan bywoon indien jy jou kamera aanhou en saam kuier. In al die webinare vra mammas en juffrouens vrae en kan jy na die webinaar opvolgvrae vra.
Hierdie kursus bemagting ouers/grootouers/voogde om hul kinders deur 'n verskeidenheid beplande aktiwiteite skoolgereed te maak en deur graad 1, 2 en 3 jou kind te leer dink, beter en met begip te leer lees en somme op verskillende moeilikheidsgrade te doen.
Daarom word die kursus beskryf as die opvoedingshandleiding waarsonder jou kind gebore is. 😊
Kyk heel onder na die leer Engels lees bonus alles ingesluit
Thinking Tools het unieke wiskundebenaderings. Eerstens sien ons die ontwikkeling van jou kind se selfvertroue en wiskundige vaardighede as een proses. Hierdie is Thinking Tools se beleid oor kinders se SELFBEELD. Hoe lyk jou kind se wiskunde selfbeeld?
Navorsing het getoon dat wiskunde met 'n tapisserie vergelyk kan word. Die skole fokus op die netjiese voorkanstappe en resepte. Dit maak die vak meer huishoudkunde as wiskunde.
Thinking Tools fokus op die agterkant waar werklike wiskunde is. Die doel is om jou kind te bemagtig om die los drade sinvol te knoop. Elke tipe som het 'n tapisserie-agterkant, selfs vermenigvuldiging het 'n tapisserie agterkant waarvan die voorkant tradisioneel uitgeput word met herhalings sonder werklike wiskundige insigte.
Een van ons mees unieke (en maklik om te gebruik) ontdekkings om kinders se wiskunde selfvertroue te bou, is die konsep van loodsgeut (PILOT CHUTE). Hierdie analogie, bemagtig ons om jou kind in staat te stel om eerstens te verstaan waaroor die som gaan, dan die bewerkings te lys, slaggate vooraf raak te sien en die metode bepaal wat die oplossing en finale antwoord sal verskaf. Hierdie is n nuwe ontwikkeling en sal tydenswebinare bespreek word.
Ek vergelyk ook die leer van wiskunde met leer hoe om fiets te ry. Daar is geen handleiding om te leer hoe om fiets te ry nie. Die kind moet op die fiets klim en in 'n veilige omgewing die gepaardgaande Misluk kings en suksesse ervaar. Die onderwyser kan nie leer om namens die kind fiets te ry nie.
Jy gaan jou kind leer om wiskunde fietse te ry.
Indien hy NEE op die meeste van die vrae antwoord, het jy beslis die kursus nodig.
Vrae as jou kind in graad RR en veral graad R is:
Vrae as jou kind in graad 1 is:
Vrae as jou kind in graad 2 is:
Vrae as jou kind in graad 3 is:
Juffrou Marista Naudé se terugvoer na die mamma juffrou leer DINK Thinking Tools sessie.
Juffrou Rencha le Roux se terugvoer na die leer lees deel van die Mamma Juffrou kursus.
Juffrou Janine Jooste (graad 3) se terugvoer na die leer lees deel van die Mamma Juffrou kursus.
Juffrou Ninka Kok se terugvoer oor die Thinking Tools metode om die begripstoets te doen.
Bonusse
Daar is 'n bonus Engelse sessie LEARN TO READ AND WRITE sessie wat ek van die Foundation Phase Engelse onderwyser kursus hier bygevoeg het. Omdat Afrikaans net 17 Klanke het en Engels 44 Klanke en dit is nodig dat jou kind 'n goeie Engelse leerlees grondslag sal kry. Daar is ook advies oor ander leer lees kursusse.
Die kursus is geregistreer by SACE en jy as jy n onderwyser is verdien jy 30 CPTD punte. Jy ontvang ook 'n Thinking Tools SERTIFIKAAT.
Die koste van die kursus is R700 vir die volledige kursus wat jy met 'n EFT of krediet- of debietkaart kan betaal.
Jy kan dit ook in twee paaiemente van R350 met 'n debiet- of kredietkaart betaal of 3 paaiemente van R233
Alle dokumente is aanlyn beskikbaar.
Om aan te sluit, kliek hieronder om op die Marvelous Minds webwerf in te skryf.
Na jy geregistreer het kan jy na die hele kursus kyk voor jy inskryf
Nadat jy ingeskryf het, kliek hieronder om Cas te Whatsapp met jou naam en jou kind se naam
Nadat jy ingeskryf het druk jy die dokumente uit en sluit aan by 'n WhatsApp groep waar jy hulp en ondersteuning kry.
Hier is riglyne wat jou mooi wys hoe om te registreer