Wat maak die kursus uniek behalwe dat jou kind leer om krities te dink?
Ons opvoedkundige benadering is: "Leer wat tot eie insigte lei lewer beter akademiese prestasies as die huidige stelsel waar handboeke se insigte tot vervelens toe oor en oor gememoriseer moet word". Die keuse is joune.
Indien jy die kursus wil stop, stuur 'n WhatsApp na 0832592857 en vra om te kanselleer.
Daar is 'n groot agterstand in kinders se wiskunde wat nie ingehaal kan word deur dieselfde stelsel wat die agerstand geskep het nie. Die redes vir die agterstand is die oorywerige fokus van die sisteem op assessering en dat onderwysers totaal oorlaai word met administrasie. Al sou dit vandag verander, sal dit dekades neem om op te vang. Intussen moet jou kind leer om wiskundig te dink en kreatief in alle vakke te redeneer,
Ekstraklasse wat stappe en resepte onderrig kon na al die jare nie 'n verandering teweeg bring nie.
Thinking Tools 'n unieke wiskundebenadering. Eerstens sien ons die ontwikkeling van jou kind se selfvertroue en wiskundige vaardighede as een proses. Hierdie is Thinking Tools se beleid oor kinders se SELFBEELD. Hoe goed is jou kind se wiskunde selfbeeld?
Sedert die Gutenburg boekdrukkuns (1400 nC) was alle kennis op aarde reeds te veel vir die brein om te ken en te onthou. In 1945 is agtergekom dat die boeke in biblioteke elke 16 jaar verdubbel. Die huidige beskikbare data benodig 67 miljoen iPhones om dit te kan stoor. Jou kind se brein het nie die vermoë of kapasiteit om die inligting van slegs een handboek te absorbeer en te memoriseer nie. Om dit te oorkom maak leerders opsomming. Die grootste nadeel van opsommings is dat kinders woorde neerskryf
sonder dat die brein nuwe konneksies maak. Daarom word die inligting in die korttermyngeheue gestoor en moet dit vir elke eksamen oor en oor geleer word. Omdat Thinking Tools die brein in staat stel om inligting te groepeer, te klassifiseer en te kombineer word nuwe breinbane gevorm en die ‘nuwe kennis’ word in die langtermyngeheue gestoor en vir baie lank onthou.
Die sukses van Thinking Tools bereik is gebaseer op die LEARNING PIT KONSEP.
Hoe werk die Learning pit konsep?
Elke tema word begin met basiese kennis waaroor jou kind wel beskik. Daarna word jou kind met vrae en dieper in die tema ingetrek. Om uit hierdie learning pit te kom moet die brein inligting groepeer, klassifiseer en kombineer. So word nuwe konneksies en breinbane gevorm wat weer in ander situasies gebruikkan word. Hierdie nuwe insigte word in die langtermyngeheue gestoor en vir baie lank onthou. Dit is die rede waarom jou kind baie minder tyd aan hersiening gaan spandeer.
Lees HIER en HIER meer oor die learning pit
Die brein is 'n groter-maker. As die brein 'n woord, byvoorbeeld, 'boom' hoor, begin die brein onmiddellik verbindings te maak en konnekteer dit aan ander konsepte soos blare, wortels, skaduwee, water, reën , teerpad, vakansie, ens.
Die probleem is dat jou kind deur opsommings en studiemetodes geleer word die werk kleiner en minder te maak terwyl die eksamen vereis dat die brein inligting moet uitbrei vir meer punte – KRISIS!
Is dit regverdig om van die brein wat opsommings-fiks is te verwag om tydens die eksamen groter te kan maak? Dit is soos om 'n atleet voor te berei vir 'n 100 meter wedloop en dan die dag van die kompetisie van die atleet te verwag om oor 'n dwarslat te spring.
Kinders word gekroek en daarom hou hulle nie van leer nie.
Omdat alles minder gemaak word, kan eksamenresultate wat op hierdie metode berus nooit die brein se volle potensiaal weerspieël nie.
Die grootste rede waarom kinders swak doen is omdat die brein misverstaan word. Die brein is 'n groter maker daarom werk studiemetodes werk teen die bedrading van die brein. Hier is hoe dit regtig WERK.
Ons kinders se agterstand is groter as wat algemeen besef word en skole is nie in staat om dit in te haal nie. Omdat ons kinders nie dinkfils is nie gaan hulle kinders meer en meer agter raak. Daarom moet jou kind so gou as moontlik begin om DINK-ure op te bou.
Die groot voordeel is dat die brein het ingebore Thinking Tools het. Dit is waarom iou kind in die algemene lewe inligting in logiese kategorieë te klassifiseer, oorsaak en gevolg kan bepaal, vergelyk volgorde en patrone kan ontdek. Ons gebruik dieselfde Thinking Tools om jou kind al die vakke te laat leer en wiskunde te bedink eerder as om net stappe te volg.
Die Thinking Tools kursus rus jou kind (en vir jou) toe met Thinking Tools wat jou kind in staat stel eienaarskap van sy of haar eie denke te neem.
Daarom sal jou kind self 'n tema of 'n som kan ontleed. Gedurende die dinkproses begin jou kind self verwantskappe en patrone te ontdek. Hierdie AHA of insig word dan word deel van jou kind se langtermyngeheue en word nooit vergeet nie.
Jou kind se leerwerk en vordering word onmiddelik sigbaar. Dit verbeter die verhouding tussen jou en jou kind wat meehelp dat punte styg.
Dit is waarom ek jou kind met wiskunde en wiskunde geletterdheid wil bystaan tot by graad 12
Navorsing het getoon dat wiskunde met 'n tapisserie vergelyk kan word. Wanneer net op die netjiese voorkanstappe en resepte gefokus word, dit die vak meer huishoudkunde as wiskunde.
Thinking Tools fokus op die agterkant waar werklike wiskunde is. Die doel is om jou kind te bemagtig om die los drade sinvol te knoop. Elke tipe som het 'n tapisserie-agterkant, selfs vermenigvuldiging het 'n tapisserie agterkant waarvan die voorkant tradisioneel uitgeput word met herhalings sonder werklike wiskundige insigte.
Een van ons mees unieke (en maklik om te gebruik) ontdekkings om kinders se wiskunde selfvertroue te bou, is die konsep van loodsgeut (PILOT CHUTE). Met hierdie analogie, bemagtig ons om jou kind om eerstens te verstaan waaroor die som gaan, dan die bewerkings te identifiseer, slaggate vooraf raak te sien en die metode bepaal wat die oplossing en finale antwoord sal verskaf.
Thinking Tools-onderwysers vergelyk ook die leer van wiskunde met leer hoe om fiets te ry. Daar is geen handleiding om te leer hoe om fiets te ry nie. Die kind moet op die fiets klim en in 'n veilige omgewing die gepaardgaande mislukkings en suksesse ervaar. Die onderwyser kan nie leer om namens die kind fiets te ry nie. Net so met valskermspring.
Thinking Tool-onderwysers gebruik die verskillende Think Tools op so 'n manier dat dit jou kind in staat stel om die werklike wiskunde te ontdek wat visuele ruimtelike verhoudings, berekeningspatrone, logiese redenering, opeenvolgende vraagstelling, analogie-redenering, vergelykende redenering, abduktiewe (met jou beste skoot) redenering insluit.
Om aan te sluit, kliek hieronder om op die Marvelous Minds webwerf in te skryf.
Na jy geregistreer het kan jy na die hele kursus kyk voor jy inskryf
Nadat jy ingeskryf het, kliek hieronder om Cas te Whatsapp met jou naam en jou kind se naam, graad en skool en laaste rapport.
The point of using dummy text for your paragraph is that it has a more-or-less normal distribution of letters. making it look like readable English.
Hier is riglyne wat jou mooi wys hoe om te registreer
Hier is riglyne wat jou mooi wys die beste uit die kursus te kry