Waarom kinders met disleksie beter en vinniger met Thinking Tools leer


Met Thinking Tools navorsing het ons agter die kap van die byl gekom daarom is ons suksesse met die klein tree wat ons gee baie goed.

Ek het by Einstein gaan kersopsteek. Hy het gesê dat ‘n mens nie ‘n probleem in dieselfde denkmodus kan oplos as wat die problem oorspronklik ontstaan het nie.  

Dit beteken dat jy ‘n visuele disfunksie kan aanspreek deur die oplossing in die visuele te gaan soek nie.

 

Vele ouers het my vertel dat geen prentjie, soos byvoorbeeld die van ‘n doughnut help om die b / d omdraaiing reg te maak nie. Inteendeel, die kind sê die kind verstaan dit en wraggies net die volgende droom word ‘n broom.

 

Hulle sinskonstruksies lyk soos oorlogveldjies. Woorde word uitgelaat, in die verkeerde volgorde geskryf en natuurlik is die spelling ‘n sub-oorloggie.

Die wat al ‘n lang pad met my loop, sal weet dat die teorie van visuele, ouditiewe en kinestetiese LEER, nie waar is nie. Dit is nie leer nie, dit is net insette. LEER vind in die brein plaas.

 

Navorsing het nou gewys dat ons nie ‘n visuele inset probleem met ‘n visuele inset oplossing gaan regkry nie. Dit moet ouditief en kinesteties wees.

 

Dit beteken ons fokus op disleksie-kinders se gehoor, dan nog so drie ander Thinking Tools saam met kinestetiese insette van die kinders se kant af.


J·ou kind se brein werk so normaal soos enige ander kind se brein, dit is net die lees en skryf inset en uitset belemmering. Thinking Tools het 'n ompad na die brein ontdek om die brein slimmer te maak.

Dit maak die speelveld gelyk en soos met ander kinders, as JY en jou kind genoeg en hard met Thinking Tools werk, sal jou kind beter doen en selfvertoue bou.

Ek verstaan hoe die brein bedrading nie bedoel is om sinne te skryf. Deur navorsing het ek ontdek hoe kinders ondersteun kan word om woorde wat in sinne uitlaat word wel raak te hoor en te sien en reg te maaj. Dit maak dat disleksie-kinders kan skryf wat hulle bedoel en ook foute kan opspoor. Dit bly steeds vir hulle 'n groot uitdaging, maar die breinbane kan vasgelê word.


Jou kind se brein is soos enige ander mens se brein bedraad en dink net soos enige ander kind s'n. Dit behoort jou die versekering te gee dat daar hoop is. Met Thinking Tools vind ons oorbrugging vir die ander twee uitdagings vind. Die twee uitdagings is die insette (inputs) en uitsette (outputs) hindernisse.

As gevolg van die disleksie, word jou kind se brein verwar met die INSETTE, veral as dit geskrewe woorde is.

Indien die insette en uitsette aangespreek word, kan jou kind se brein dieselfde as enige ander kind bereik.

Die grootste uitdaging is om patrone raak te sien. Thinking Tools gaan daarmee help. Dit is hier waar Thinking Tools, en veral die thinking maps inkom. 'n Thinking map is NIE 'n mindmap nie. Oorweeg dit om Sessie 1 eers alleen te kyk en dan saam met jou kind en dan die res van die sessies saam.

Maak nie saak dat jy nog nie weet wat 'n tree (soos in boom) en 'n bridge (brug) map is nie. Wat jy moet weet is dat Thinking Maps jou kind se denke verteenwoordig. In die kursus gaan julle alles oor die thinking maps leer.

So hoe gaan julle leer?

Soos altyd gaan jy die meeste van leeswerk doen.

Jou kind gaan self die regte Thinking Map kies. Jy teken dan die spesifieke map.

Jou kind gaan dan vir jou vertel wat in die map moet inkom en hoe en waar.

Wat gebeur hier? Jou kind se brein doen al die werk en jy is net jou kind se lees-oë en skryf-hand. Jou kind leer nou deur maps uit te dink. Omdat disleksiese kinders sukkel om inligting te organiseer help die Thinking Tools massas data in 'n logiese proses te organiseer sodat hulle die patroon kan raaksien.

Soos julle saam die thinking maps gaan doen, gaan jou kind, saam met jou patrone begin raaksien en dit is wanneer leer plaasvind.

Thinking Tools hef nie disleksie op nie, maar vind ander paaie na die brein om die brein te leer dink. Met tyd gaan jou kind self die Thinking Map wilbegin doen, wat wonderlik is. Dit gaan waarskynlik nie vreeslik leesbaar wees nie, maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit is vir my interessant dat kinders op 'n manier meer leesbaar begin skryf.

Verder het ek ontdek dat ons nie disleksie-brein met visuele insette kan help nie, ons moet ouditiewe en kinestetiese insette gebruik. Dit blyk of die ouditiewe en kinestetiese insette beter met die kind se baie sterk visuele vermoëns praat.

Nadat julle ingeskryf is vir 'n Thinking Tools kursus word julle op die disleksie-WhatsApp-groep plaas. Ek is besig om navorsing te doen oor hoe Thinking Tools bydra om kinders met disleksie sukses te laat bereik.

Nadat jy ingeskryf het, word jy op 'n groep geplaas waar ons enige vraag kan, suksesse en ervarings deel. Een mamma, Melissa van Heerden sê: “Oom Cas ek dink dis belangrik dat ouers weet dat die groep 'n veilige plek is om vrae te vra. 'n Ouer wie se kind disleksies is, is reeds moedeloos wanneer hulle Thinking Tools ontdek." Julle kry daar spesiale aandag. Ons hou baie gereeld Zoom gesprekke waar ons nuwe dinge leer.

Ons het al die volgende bereik:

  1. Kinders se selfbeeld en waagmoed verbeter.
  2. Hulle leer makliker en vinniger.
  3. Punte styg.  
  4. Daar is 'n effense verbetering in netheid van skrif en organisering.     
  5. Dit bly harde werk.

Thinking Tools maak 'n taalles vir kinders met disleksie vetpret!

Ek het gereeld sessies met mammas en hul kinders om nuwe idees oor disleksie te toets.

Met Thinking Tools navorsing het ons agter die kap van die byl gekom daarom is ons suksesse noemenswaardigg.

Ons doel is om die selfbeeld van disleksie-kinders te ontwikkel sodat hulle ook die geheime van skryf, spel en lees op hulle manier kan ontdek.


Hier leer kinders om woorde met b, d en p te skryf. Kyk hoe geniet 'n disleksie kind skryf en spel!


Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.