Graad 10 Thinking Tools kursus vir alle vakke en wiskunde of wiskunde geletterdheid

Wat maak die kursus uniek behalwe dat jou kind leer om krities te dink?

Gratis

Thinking Tools

Wiskunde ekstra klas

Graad 4 tot 12

Kliek op die rekenaar ikoon hierbo en registreer op die Marvelous Minds kursus-platform om na 'n gratis Thinking Tools wiskunde ekstraklas te kyk.

As jy daarna wil inskryf kliek HIER.

  • Dagboek dit NOU: Die graad 10s se wiskunde ekstraklasse wat lewendig met Zoom gedoen word, is Donderdae 19:00 tot 20:00. Elke klas word opgeneem en kan vanaf die daaropvolgende week oor en oor aanlyn gekyk word.
  • Wiskunde geletterdheid ekstraklasse is Dinsdae 18:00 tot 19:00
  • Sedert 2024 bied ons ook IGO ekstraklasse aan sonder enige verdere koste.
  • Nadat jy op die Marvelous Minds webwerf ingeskryf het, ontvang jy die kursusmateriaal wat tydens die aanlyn interaktiewe (jy neem deel) video-gesprekke bespreek word.
  • Jy kry toegang tot 'n WhatsApp groep waar ek en ander onderwysers vrae beantwoord, hulp verleen en die regte rigting aandui. Na sessie 1 (video 1) begin julle om aan die werk te spring en stuur eers julle werk vir my en daarna op die graad se WhatsApp groep. Jou kind kry persoonlike aandag.
  • Alle vakke word gedek, insluitend leervakke en tale waar jou kind onder andere leer hoe om 'n opstel tot 80+% te skryf en 'n begripstoets met begrip te beantwoord. Die kursus werk vir alle kurrikula, byvoorbeeld CAPS, IEB, en Cambridge.
  • My kind het disleksie, sal Thinking Tools werk? Kliek HIER om uit te vind oor die navorsing en hulp.
  • Kliek HIER om uit te vind waarom kinders met ADHD deur Thinking Tools bevorder word.

Ons opvoedkundige benadering is: “Leer wat tot eie insigte lei, lewer beter akademiese prestasies as die huidige stelsel waar handboeke se insigte tot vervelens toe oor en oor gememoriseer moet word”. Die keuse is joune..

Om nou dadelik aan te sluit by die Marvelous Minds leer- en ondersteuningsklub, kliek nou hieronder.

Indien jy die kursus wil stop, stuur 'n WhatsApp na 0832592857 en vra om te kanselleer.

Waarom het jou kind 'n Thinking Tools kursus nodig?

Daar is 'n groot agterstand in kinders se wiskunde wat nie ingehaal kan word deur dieselfde stelsel wat die agterstand geskep het nie. Die redes vir die agterstand is die oorywerige fokus van die sisteem op assessering en dat onderwysers totaal oorlaai word met administrasie. Al sou dit vandag verander, sal dit dekades neem om op te vang. Intussen moet jou kind leer om wiskundig te dink en kreatief in alle vakke te redeneer.

Ekstraklasse wat stappe en resepte onderrig kon na al die jare nie 'n verandering teweeg bring nie.

Thinking Tools het 'n unieke wiskundebenadering. Eerstens sien ons die ontwikkeling van jou kind se selfvertroue en wiskundige vaardighede as een proses waar ons jou kind bemagtig om kwantitatief, proposioneel en ruimtelik laat dink.


Hierdie is Thinking Tools se beleid oor kinders se SELFBEELD.

Is jou kind se wiskunde selfbeeld goed?

Hier is n voorbeeld hoe julle jou kind se ingebore Thinking Tools gaan ontdek.

Hoe ontwikkel Thinking Tools jou kind se potensiaal?

Sedert die uitvinding van die Gutenberg-boekdrukkuns in die 1400's, was alle kennis op aarde reeds te veel vir die brein om volledig te ken en te onthou. In 1945 is gevind dat die aantal boeke in biblioteke elke 16 jaar verdubbel. Die huidige beskikbare data vereis 67 miljoen iPhones om dit te stoor. Jou kind se brein het nie die vermoë of kapasiteit om die inligting van selfs een handboek volledig te absorbeer en te memoriseer nie. Om dit te oorkom, maak leerders opsommings. Die grootste nadeel van opsommings is dat kinders woorde neerskryf sonder dat die brein nuwe verbindings maak.

Gevolglik word die inligting in die korttermyngeheue gestoor en moet dit vir elke eksamen oor en oor geleer word. Omdat Thinking Tools die brein in staat stel om inligting te groepeer, te klassifiseer en te kombineer, word nuwe breinbane gevorm. Die "nuwe kennis" word dan in die langtermyngeheue gestoor en vir 'n lang tyd onthou.

 Die sukses van Thinking Tools bereik is gebaseer op die LEARNING PIT KONSEP. Lees HIER en HIER meer oor die learning pit.

Top

Hoe word die brein verkeerd gebruik?

Sedert die Gutenburg boekdrukkuns (1400 nC) was alle kennis op aarde reeds te veel vir die brein om te ken en te onthou. In 1945 is agtergekom dat die boeke in biblioteke elke 16 jaar verdubbel. Die huidige beskikbare data benodig 67 miljoen iPhones om dit te kan stoor. Jou kind se brein het nie die vermoë of kapasiteit om die inligting van slegs een handboek te absorbeer en te memoriseer nie.

Om dit te oorkom maak leerders opsomming. Die grootste nadeel van opsommings is dat kinders woorde neerskryf sonder dat die brein nuwe konneksies maak. Daarom word die inligting in die korttermyngeheue gestoor en moet dit vir elke eksamen oor en oor geleer word. Omdat Thinking Tools die brein in staat stel om inligting te groepeer, te klassifiseer en te kombineer word nuwe breinbane gevorm en die ‘nuwe kennis’ word in die langtermyngeheue gestoor en vir baie lank onthou.

Die kort en die lank is dat die onderwyselsel ons ongelukkig geleer het om die hardeskyf van die brein (die geheue) as die moederbord (die dinkfunksie) te gebruik. Dit beteken die 'dinkbrein' wat die Thinking Tools bevat, word nie gebruik nie. Dit is die rede waarom jou kind vashak - die dinkbrein het nie geleer om probleme op te los nie.


Wat is die waarheid oor die brein?

Die brein is 'n groter-maker. Wanneer die brein 'n woord soos "boom" hoor, begin dit onmiddellik verbindings te maak en dit aan ander konsepte soos blare, wortels, skaduwee, water, reën, teerpad, en vakansie te koppel.

Die probleem is dat kinders deur opsommings en tradisionele studiemetodes geleer word om die inligting te verklein en te vereenvoudig, terwyl eksamens vereis dat die brein inligting moet uitbrei om meer punte te verdien – dit skep 'n krisis!

Is dit regverdig om van 'n brein wat gewoond is aan opsommings te verwag om tydens 'n eksamen die inligting uit te brei? Dit is soos om 'n atleet voor te berei vir 'n 100 meter wedloop en dan op die dag van die kompetisie te verwag dat die atleet oor 'n dwarslat moet spring.

Kinders voel bedrieg en daarom hou hulle nie van leer nie.

Omdat alles verklein word, kan eksamenresultate wat op hierdie metode berus nooit die brein se volle potensiaal weerspieël nie.

Die grootste rede waarom kinders swak presteer, is omdat die brein verkeerd verstaan word. Die brein is 'n groter-maker, en daarom werk tradisionele studiemetodes teen die natuurlike bedrading van die brein. Hier is hoe dit regtig WERK.

Hoe gouer jou kind met Thinking Tools kursus begin dink hoe beter!

Ons kinders se agterstand is groter as wat algemeen besef word en skole is nie in staat om dit in te haal nie. Omdat ons kinders nie dinkfiks is nie, gaan hulle kinders meer en meer agter raak. Daarom moet jou kind so gou as moontlik begin om DINK-ure op te bou.

Die groot voordeel is dat die brein ingebore Thinking Tools het. Dit is waarom jou kind in die alledaagse lewe inligting in logiese kategorieë kan klassifiseer, oorsaak en gevolg kan bepaal, volgorde en patrone kan ontdek, en vergelykings kan tref. Ons gebruik dieselfde Thinking Tools om jou kind te help om al die vakke te leer en wiskunde te verstaan, eerder as om net stappe te volg.

Die Thinking Tools-kursus rus jou kind (en jou) toe met Thinking Tools wat jou kind in staat stel om eienaarskap van sy of haar eie denke te neem.

Daarom sal jou kind self 'n tema of 'n som kan ontleed. Gedurende die dinkproses begin jou kind self verwantskappe en patrone te ontdek. Hierdie "AHA"-oomblikke of insigte word deel van jou kind se langtermyngeheue en word nooit vergeet nie.

Jou kind se leerwerk en vordering word onmiddellik sigbaar. Dit verbeter die verhouding tussen jou en jou kind, wat help dat punte styg.

Dit is waarom ek jou kind met wiskunde en wiskunde geletterdheid wil bystaan tot by graad 12.

Thinking Tools en wiskunde

Navorsing het getoon dat wiskunde met 'n tapisserie vergelyk kan word. Wanneer daar net op die netjiese voorkant – stappe en resepte – gefokus word, maak dit die vak meer soos huishoudkunde as wiskunde.

Thinking Tools fokus op die agterkant waar werklike wiskunde lê. Die doel is om jou kind te bemagtig om die los drade sinvol te knoop. Elke tipe som het 'n tapisserie-agterkant; selfs vermenigvuldiging het 'n tapisserie-agterkant wat tradisioneel uitgeput word met herhalings sonder werklike wiskundige insigte.

Met hierdie analogie bemagtig ons jou kind om eers te verstaan waaroor die som gaan, dan die bewerkings te identifiseer, slaggate vooraf raak te sien en die metode te bepaal wat die oplossing en finale antwoord sal verskaf.

Thinking Tools-onderwysers vergelyk ook die leer van wiskunde met die leer om fiets te ry. Daar is geen handleiding om te leer hoe om fiets te ry nie. Die kind moet op die fiets klim en in 'n veilige omgewing die gepaardgaande mislukkings en suksesse ervaar. Die onderwyser kan nie namens die kind leer fietsry nie. Net so met valskermspring.

Thinking Tools-onderwysers gebruik die verskillende Thinking Tools op so 'n manier dat dit jou kind in staat stel om die werklike wiskunde te ontdek, wat visuele ruimtelike verhoudings, berekeningspatrone, logiese redenering, opeenvolgende vraagstelling, analogie-redenering, vergelykende redenering, en abduktiewe (met jou beste skoot) redenering insluit.

Terugvoer oor kursus


DJ in Graad 10 kan 'n paar proffies en onderwysers en departementshoofde ore aansit.

Maurishcka graad 10 se terugvoer na die Thinking Tools wiskunde sessie.

Graad 10 Johan en ma Betsie se terugvoer.


Kan jy dit bekostig dat jou kind sonder Thinking Tools voortgaan?

Om aan te sluit, kliek hieronder om op die Marvelous Minds webwerf in te skryf.

Na jy geregistreer het kan jy na die hele kursus kyk voor jy inskryf


Hier is riglyne wat jou mooi wys hoe om te registreer

Hier is riglyne wat jou mooi wys die beste uit die kursus te kry

Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.