Meer inligting oor die wiskunde graad 8 tot 12 onderwyserkursus

Wat kan jy verwag van die kursus?

Jy kan verwag dat jou leerders harder sal werk terwyl jy minder sal sal werk. Jou klaskamerbestuur en dissipline sal verbeter omdat die Thinking Tools-benadering gegrond is op goeie verhoudings. Jou leerders se punte sal styg en hulle sal meer gemotiveerd wees om te leer.


NIKS in hierdie kursus hou verband met hoe jy as onderwyser opgelei is nie. ELK van die onderwerpe is opwindend nuut en jy kan 'n hele aantal paradigmaverskuiwings verwag.

Binne die eerste sessie sal jy leer hoekom jou huidige onderrigpraktyke nie vrugte afwerp soos jy verwag het nie en hoekom jou onderrigdrome nie waar geword het nie.


Jy sal ontdek dat die brein aangebore Thinking Tools het en hoe om jou leerders te bemagtig om dit te gebruik om jou vak te bemeester. Dit sal hulle in staat stel om temas in jou

vak te in logiese kategorieë te klassifiseer, oorsaak en gevolg bepaal, vergelyk en te kontrasteer en patrone taak te sien en baie meer.

Kyk hoe draai die onderwysers se koppe en gaan hulle oë oop oor wat die rol van 'n onderwyser regtig in die klas moet wees.

Jou onderrigstyl gaan onmiddelik verander omdat jy gaan weet hoe om leerders se aandag te behou.


As Thinking Tools onderwyser gaan jy kinders leer hoe om te dink en nie leer hoe om te onthou nie. Navorsing oor die brein het gewys dat die brein nie bedraad is om te onthou nie. Die brein se geheue is onbetroubaar. Wat 'n kind voor die eksamenlokaal kan opsê, verdwyn soos mis voor die son as 'n vraag daaroor beantwoord moet word.

Tydens hierdie kursus gaan jy leer om kinders in staat te stel konsepte te bedink en self antwoorde te ontdek wat in die langtermyngeheue gestoor wat dan maklik opgeroep kan word tydens toetse en eksamens.

Thinking Tools maak wiskunde uniek en maklik

Thinking Tools het 'n unieke benadering waar ons die kind se selfbeeld saam met wiskunde denke ontwikkel. Wiskunde is soos 'n tapisserie. Die skole fokus op die netjiese voorkant se tappe en resepte wat dit meer huishoudkunde as wiskunde maak. Thinking Tools fokus op die agterkant en bemagtig kinders om die los drade self bymekaar te bring. Thinking Tools laat kinders veilig voer en laat hulle punte styg.

Hierdie is Thinking Tools se beleid oor kinders se SELFBEELD.


Een van ons mees unieke (en maklik om te gebruik) ontdekkings om kinders se selfbeeld in wiskunde te bou is die konsep van 'n wiskunde PILOT CHUTE wat daardie klein

valskermpie is wat 'n valskerm uit die sak trek as jy uit die vliegtuig spring. Met hierdie analogie bemagtig ons jou kind om eerstens agter te kom waaroor die

som gaan, die bewerkings te kan lys, slaggate vooruit raak te sien en die metode vas te pen.

Thinking Tools stel jou leerders in staat om self kennis te ontdek, patrone raak te sien en ook hul eie kennis te skep, insig te verkry en probleme selfstandig op te los. Daarom staan Thinking Tools bekend daarvoor dat kinders selfregulerende denkers word. Dit is kinders wat self 'n dinkstrategie kan beplan en dit kan uitvoer wat die toppunt van metakognisie (dink oor eie dink) is.

Waarom presteer kinders beter met Thinking Tools?

Jy gaan hulle leer om:

  • Inligting te soek en te klassifiseer en te orden.
  • Analogieë raak te sien, byvoorbeeld voëls het vere soos soogdiere pels het EN 'n gedig het rym soos prosa paragrawe het EN lengtegrade loop van Noord na Suid soos breedtegrade loop van Oos na Wes.
  • Dinge met mekaar te vergelyk en ooreenkomste en verskille te identifiseer.
  • Oorsaak en gevolg raak te sien.
  • 'n Logiese verloop te kan uitpak.

Jou leerders gaan leer van kommunikasie-etiek, hoe om 'n leier en spanspeler te wees en hulle norme en waardes gaan opgeskerp word.

Hoe werk die kursus?

Dit is 'n interaktiewe aanlynkursus wat jy een jou eie tyd en pas doen. Met interaktief word bedoel dat jy by die kursusgesprekke betrek word en so saamleer en doen.

Hier is 'n oorsig oor die INHOUD VAN DIE KURSUS.

Terugvoer oor die kursus

Wiskunde onderwysers se terugvoer na een uur se opleiding.

Dit is 'n standardpraktyk dat Thinking Tools onderwysers by mekaar leer.

Wat se waarde gaan jy uit die kursus kry?

Omdat jy na die kursus vyf verskillende onderrigmetodes gaan gebruik, gaan jou leerders leer van kommunikasie etiek, gedissiplineerde sosiale interaksie, leierskap, spanwerk en norme en waardes. Die resultaat is kreatiewe en ko-kreatiewe leer wat leerders sukses laat ervaar wat lei tot beter dissipline en motivering.

 

Dit gaan verhoudings verbeter, jou as professionele onderwyser laat uitstaan en punte gaan styg. Dit is veral die swakker kinders wie se punte wat eerste styg!

Hoe is die kursus saamgestel?

  • Tydens die eerste sessie val die fokus op nuwe opwindende kopskuiwe.
  • Tydens sessies 2 tot 4 gaan jy leer wat Thinking Tools is, hoe elkeen werk.
  • Tydens sessies 5 en 6 gaan jy leer hoe om jou leerders te bemagtig om die Thinking Tools te gebruik.
  • Die laaste hoofstuk gee vir jou 'n oorsig oor praktiese lesbeplanning om die kinders aan die gang te kry.

Jou leerders gaan 'n Thinking Tools werkboek hê waarin jy duidelik kan sien wat 'n leerder weet en nie weet nie. Jy kan dieselfde werkboek tydens oueraande kan gebruik om aan ouers en voogde hul kind se vordering te wys.

Nadat jy vir die kursus geregistreer het, kry jy dadelik 'n skakel na 'n WhatsApp groep waar jy kan vrae vra en jou ervarings deel.

Nadat jy die kursus voltooi het, word jy uitgenooi na dink-webinare waar ons nuutse insigte deel, lesbeplanning bespreek en jou verder ontwikkel teen geen ekstra koste nie. Jy kan ook betrek word om vir kinders wat vir die graad 4 tot 12 leerderkursusse ingeskryf het ekstraklasse aan te bied. Dit kan later vir jou n ekstra inkomste bied.

Jy ontvang ook 'n sertifikaat wat jou nuwe bekwaamhede aandui. Jy kan dit ook op jou CV aandui.

Menige onderwyser is al in bevorderingsposte aangestel op grond van hulle Thinking Tools kundigheid.


Die volgende lesbeplanning- en ontwikkelingsessies is beskikbaar teen 'n bekostigbare prys

Daar is meer as 40 wiskunde ekstraklasse beskikbaar vir grade 7 tot 9 en grade 8 tot 12 teen 'n baie bekostigbare prys. Dit is al die ekstraklasse wat die afgelope 2 jaar opgeneem is. Jy hoef nooit weer n wiskunde les voor te berei nie - alles is vir jou gedoen. Ek is net besig om dit op te dateer dan sal ek die inligting hier deurgee.

Hoe gouer jy inskryf, hoe vinniger gaan jou leerders kwaliteit werk lewer, hulle jou vak gaan geniet en punte styg.

Direk nadat jy geregistreer het, gaan jy by 'n lesbeplannings WhatsApp-groep aansluit waar jy gratis verder ondersteun word en self ook nuwe dinge kan uitdink waarby ons almal kan baat.

Die koste van die kursus is R800 vir die volledige kursus wat jy met 'n EFT of krediet- of debietkaart kan betaal.

Indien meer ouer/onderwysers gelyktydig inskryf word die prys beter.

Jy kan ook die kursus in twee paaiemente van R400 elk met jou krediet- of debietkaart betaal.

Jy kan ook die kursus in vier paaiemente van R200 elk met jou krediet- of debietkaart betaal.

Alle dokumente is aanlyn beskikbaar.

Jy verdien 20 CPTD punte en Thinking Tools SERTIFIKAAT.

Hoe gouer jy inskryf, hoe vinniger gaan jou leerders kwaliteit werk lewer, hulle jou vak gaan geniet en punte styg.

Om aan te sluit, kliek hieronder om op die Marvelous Minds webwerf in te skryf.

Na jy geregistreer het kan jy na die hele kursus kyk voor jy inskryf

Nadat jy ingeskryf het, WhatsApp vir Cas met jou naam en van en die grade en vakke wat jy onderrig

Direk nadat jy geregistreer het, gaan jy by 'n lesbeplannings WhatsApp-groep aansluit waar jy gratis verder ondersteun word en self ook nuwe dinge kan uitdink waarby ons almal kan baat.

Hier is riglyne wat jou mooi wys hoe om te registreer


Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.