Meer inligting oor die Thinking Tools kursus vir hoërskool onderwysers - alle vakke behalwe wiskunde

Wat kan jy verwag van die kursus?

Jy kan verwag dat jou leerders harder sal werk terwyl jy minder sal sal werk. Jou klaskamerbestuur en dissipline sal verbeter omdat die Thinking Tools-benadering gegrond is op goeie verhoudings. Jou leerders se punte sal styg en hulle sal meer gemotiveerd wees om te leer.


NIKS in hierdie kursus hou verband met hoe jy as onderwyser opgelei is nie. ELK van die onderwerpe is opwindend nuut en jy kan 'n hele aantal paradigmaverskuiwings verwag.

Binne die eerste sessie sal jy leer hoekom jou huidige onderrigpraktyke nie vrugte afwerp soos jy verwag het nie en hoekom jou onderrigdrome nie waar geword het nie.


Jy sal ontdek dat die brein aangebore Thinking Tools het en hoe om jou leerders te bemagtig om dit te gebruik om jou vak te bemeester. Dit sal hulle in staat stel om temas in jou

vak te in logiese kategorieë te klassifiseer, oorsaak en gevolg bepaal, vergelyk en te kontrasteer en patrone taak te sien en baie meer.

Kyk hoe draai die onderwysers se koppe en gaan hulle oë oop oor wat die rol van 'n onderwyser regtig in die klas moet wees.

Jou onderrigstyl gaan onmiddelik verander omdat jy gaan weet hoe om leerders se aandag te behou.


Navorsing oor die brein het gewys dat die brein nie bedraad is om te onthou nie. Daarom is dit 'n algemene verskynsel dat leerders nie somme se metodes kan onthou nie. Die brein se geheue is ook onbetroubaar. Wat die kind voor die eksamenlokaal kan opsê, verdwyn soos mis voor die son as die vraag daaroor beantwoord moet word. Wat die brein bedink en

self mee vorendag kom word in die langtermyngeheue gestoor en kan tydens toetse en eksamen herroep word.

Die grootste rede waarom kinders swak doen is omdat die brein misverstaan word. Die brein is 'n groter maker daarom werk studiemetodes werk teen die bedrading van die brein.

Wat is die waarheid oor die brein?

Die brein is 'n groter-maker. As die brein 'n woord, byvoorbeeld, 'boom' hoor, begin die brein onmiddellik verbindings te maak en konnekteer dit aan ander konsepte soos blare, wortels, skaduwee, water, reën , teerpad, vakansie, ens.

Die probleem is dat jou kind deur opsommings en studiemetodes geleer word die werk kleiner en minder te maak terwyl die eksamen vereis dat die brein inligting moet uitbrei vir meer punte – KRISIS!

Is dit regverdig om van die brein wat opsommings-fiks is te verwag om tydens die eksamen groter te kan maak? Dit is soos om 'n atleet voor te berei vir 'n 100 meter wedloop en dan die dag van die kompetisie van die atleet te verwag om oor 'n dwarslat te spring.

Kinders word gekroek en daarom hou hulle nie van leer nie.

Omdat alles minder gemaak word, kan eksamenresultate wat op hierdie metode berus nooit die brein se volle potensiaal weerspieël nie.

Die grootste rede waarom kinders swak doen is omdat die brein misverstaan word. Die brein is 'n groter maker daarom werk studiemetodes werk teen die bedrading van die brein. Hier is hoe dit regtig WERK.

Waarom presteer kinders beter met Thinking Tools?

Jy gaan hulle leer om:

  • Inligting te soek en te klassifiseer en te orden.
  • Analogieë raak te sien, byvoorbeeld voëls het vere soos soogdiere pels het EN 'n gedig het rym soos prosa paragrawe het EN lengtegrade loop van Noord na Suid soos breedtegrade loop van Oos na Wes.
  • Dinge met mekaar te vergelyk en ooreenkomste en verskille te identifiseer.
  • Oorsaak en gevolg raak te sien.
  • 'n Logiese verloop te kan uitpak.

Jou leerders gaan leer van kommunikasie-etiek, hoe om 'n leier en spanspeler te wees en hulle norme en waardes gaan opgeskerp word.

Hoe werk die kursus?

Dit is 'n interaktiewe aanlynkursus wat jy een jou eie tyd en pas doen. Met interaktief word bedoel dat jy by die kursusgesprekke betrek word en so saamleer en doen.

Hier is 'n oorsig oor die inhoud van die kursus.


Terugvoer oor die kursus

Kyk na juffrou Ria van den Berg se terugvoer oor haar leerders en hul voorgeskrewe boek.

Hier is die terugvoer van juffrou Sharandi Koortzen wat 'n natuurwetenskap onderwyseres is na sessie 3 van hierdie Tools kursus


Wat se waarde gaan jy uit die kursus kry?

Ongeag watter vakke jy aanbied, die kurus gaan vir jou werk. Indien jy 'n taalonderwyser is gaan jy leer hoe om jou leerders te kry om n opstel van 80+% te skryf, 'n begripsrtoets met begrip te kan doen, voorgeskrewe boeke met insig te verstaan en vrae te beantwoord, woordsoorte, ensovoorts te leer.

Daar is ook tegnieke vir tweede en derde taal sprekers wat jy tydens die kursus kan aanvra.

Omdat jy na die kursus vyf verskillende onderrigmetodes gaan gebruik, gaan jou leerders leer van kommunikasie etiek, gedissiplineerde sosiale interaksie, leierskap, spanwerk en norme en waardes. Die resultaat is kreatiewe en ko-kreatiewe leer wat leerders sukses laat ervaar wat lei tot beter dissipline en motivering.

 

Dit gaan verhoudings verbeter, jou as professionele onderwyser laat uitstaan en punte gaan styg. Dit is veral die swakker kinders wie se punte wat eerste styg!

Hoe is die kursus saamgestel?

  • Tydens die eerste sessie val die fokus op nuwe opwindende kopskuiwe.
  • Tydens sessies 2 tot 4 gaan jy leer wat Thinking Tools is, hoe elkeen werk.
  • Tydens sessies 5 en 6 gaan jy leer hoe om jou leerders te bemagtig om die Thinking Tools te gebruik.
  • Die laaste hoofstuk gee vir jou 'n oorsig oor praktiese lesbeplanning om die kinders aan die gang te kry.

Jou leerders gaan 'n Thinking Tools werkboek hê waarin jy duidelik kan sien wat 'n leerder weet en nie weet nie. Jy kan dieselfde werkboek tydens oueraande kan gebruik om aan ouers en voogde hul kind se vordering te wys.

Nadat jy die kursus voltooi het, word jy uitgenooi na dink-webinare waar ons nuutse insigte deel, lesbeplanning bespreek en jou verder ontwikkel teen geen ekstra koste nie. Jy kan ook betrek word om vir kinders wat vir die graad 4 tot 12 leerderkursusse ingeskryf het ekstraklasse aan te bied. Dit kan later vir jou n ekstra inkomste bied.

Jy ontvang ook 'n sertifikaat wat jou nuwe bekwaamhede aandui. Jy kan dit ook op jou CV aandui.

Menige onderwyser is al in bevorderingsposte aangestel op grond van hulle Thinking Tools kundigheid.


Hoe gouer jy inskryf, hoe vinniger gaan jou leerders kwaliteit werk lewer, jou vak gaan geniet en punte styg.

Direk nadat jy geregistreer het, gaan jy by 'n lesbeplannings WhatsApp-groep aansluit waar jy gratis verder ondersteun word en self ook nuwe dinge kan uitdink waarby ons almal kan baat.

Die koste van die kursus is R800 vir die volledige kursus wat jy met 'n EFT of krediet- of debietkaart kan betaal.

Indien meer ouer/onderwysers gelyktydig inskryf word die prys beter.

Jy kan ook die kursus in twee paaiemente van R400 elk met jou krediet of debietkaart betaal.

Jy kan ook die kursus in vier paaiemente van R200 elk met jou krediet of debietkaart betaal.

Alle dokumente is aanlyn beskikbaar.

Jy verdien 20 CPTD punte en Thinking Tools SERTIFIKAAT.

Jy kan nou direk betaal en inskryf op die Marvelous Minds webwerf

Jy kan die volledige kursus daar sien.

Jy kan gratis sonder enige verpligting kyk na voorskou van die kursus. Om dit te doen kliek HIER en registreer as 'n gas.

Nadat jy ingeskryf het, kliek hieronder om vir Cas te WhatsApp met jou naam en van en graad en vakke wat jy aanbied.


Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.