Graad 4 tot 7 Thinking Tools Onderwyserkursus


Bemagtig Laerskool Leerders Om Hulle Ingebore Thinking Tools Te Gebruik


Wat kan jy verwag van die kursus?

Jy kan verwag dat jou leerders harder sal werk terwyl jy minder sal sal werk. Jou klaskamerbestuur en dissipline sal verbeter omdat die Thinking Tools-benadering gegrond is op goeie verhoudings. Jou leerders se punte sal styg en hulle sal meer gemotiveerd wees om te leer.


NIKS in hierdie kursus hou verband met hoe jy as onderwyser opgelei is nie. ELK van die onderwerpe is opwindend nuut en jy kan 'n hele aantal paradigmaverskuiwings verwag.

Binne die eerste sessie sal jy leer hoekom jou huidige onderrigpraktyke nie vrugte afwerp soos jy verwag het nie en hoekom jou onderrigdrome nie waar geword het nie.


Jy sal ontdek dat die brein aangebore Thinking Tools het en hoe om jou leerders te bemagtig om dit te gebruik om jou vak te bemeester. Dit sal hulle in staat stel om temas in jou

vak te in logiese kategorieë te klassifiseer, oorsaak en gevolg bepaal, vergelyk en te kontrasteer en patrone taak te sien en baie meer.

Kyk hoe draai die onderwysers se koppe en gaan hulle oë oop oor wat die rol van 'n onderwyser regtig in die klas moet wees.


Jou onderrigstyl gaan onmiddelik verander omdat jy gaan weet hoe om leerders se aandag te behou.


As Thinking Tools onderwyser gaan jy kinders leer hoe om te dink en nie leer hoe om te onthou nie. Navorsing oor die brein het gewys dat die brein nie bedraad is om te onthou nie. Die brein se geheue is onbetroubaar. Wat 'n kind voor die eksamenlokaal kan opsê, verdwyn soos mis voor die son as 'n vraag daaroor beantwoord moet word.

Tydens hierdie kursus gaan jy leer om kinders in staat te stel konsepte te bedink en self antwoorde te ontdek wat in die langtermyngeheue gestoor wat dan maklik opgeroep kan word tydens toetse en eksamens.

Waarom presteer kinders beter met Thinking Tools?

Jy gaan hulle leer om:

  • Inligting te soek en te klassifiseer en te orden.
  • Analogieë raak te sien, byvoorbeeld voëls het vere soos soogdiere pels het EN 'n gedig het rym soos prosa paragrawe het EN lengtegrade loop van Noord na Suid soos breedtegrade loop van Oos na Wes.
  • Dinge met mekaar te vergelyk en ooreenkomste en verskille te identifiseer.
  • Oorsaak en gevolg raak te sien.
  • 'n Logiese verloop te kan uitpak.

Jou leerders gaan leer van kommunikasie-etiek, hoe om 'n leier en spanspeler te wees en hulle norme en waardes gaan opgeskerp word.

Wat is die waarheid oor die brein?

Die brein is 'n groter-maker. As die brein 'n woord, byvoorbeeld, 'boom' hoor, begin die brein onmiddellik verbindings te maak en konnekteer dit aan ander konsepte soos blare, wortels, skaduwee, water, reën , teerpad, vakansie, ens.

Die probleem is dat jou kind deur opsommings en studiemetodes geleer word die werk kleiner en minder te maak terwyl die eksamen vereis dat die brein inligting moet uitbrei vir meer punte – KRISIS!

Is dit regverdig om van die brein wat opsommings-fiks is te verwag om tydens die eksamen groter te kan maak? Dit is soos om 'n atleet voor te berei vir 'n 100 meter wedloop en dan die dag van die kompetisie van die atleet te verwag om oor 'n dwarslat te spring.

Kinders word gekroek en daarom hou hulle nie van leer nie.

Omdat alles minder gemaak word, kan eksamenresultate wat op hierdie metode berus nooit die brein se volle potensiaal weerspieël nie.

Die grootste rede waarom kinders swak doen is omdat die brein misverstaan word. Die brein is 'n groter maker daarom werk studiemetodes werk teen die bedrading van die brein. Hier is hoe dit regtig WERK.

Indien jy 'n wiskunde onderwyser is, is daar die volgende:

Thinking Tools het 'n unieke benadering waar ons die kind se selfbeeld saam met wiskunde denke ontwikkel. Wiskunde is soos 'n tapisserie. Die skole fokus op die netjiese voorkant se tappe en resepte wat dit meer huishoudkunde as wiskunde maak. Thinking Tools fokus op die agterkant en bemagtig kinders om die los drade self bymekaar te bring. Thinking Tools laat kinders veilig voer en laat hulle punte styg.

Hierdie is Thinking Tools se beleid oor kinders se selfbeeld. Hoe lyk jou leerders se wiskunde selfbeelde?


Een van ons mees unieke (en maklik om te gebruik) ontdekkings om kinders se selfbeeld in wiskunde te bou is die konsep van 'n wiskunde pilot chute wat daardie klein

valskermpie is wat 'n valskerm uit die sak trek as jy uit die vliegtuig spring. Met hierdie analogie bemagtig ons jou kind om eerstens agter te kom waaroor die

som gaan, die bewerkings te kan lys, slaggate vooruit raak te sien en die metode vas te pen.

Daar is meer as 200 wiskunde ekstraklasse beskikbaar vir grade 4 tot 7 teen 'n baie bekostigbare prys. Dit is al die ekstraklasse wat die afgelope 2 jaar opgeneem is. Jy hoef nooit weer n wiskunde les voor te berei nie - alles is vir jou gedoen.

Hoe werk die kursus?

Dit is 'n interaktiewe aanlynkursus wat jy een jou eie tyd en pas doen. Met interaktief word bedoel dat jy by die kursusgesprekke betrek word en so saamleer en doen.


Tydens die eerste sessie val die fokus op opwindende nuwe kopskuiwe. Sessies 2 tot 4 fokus op die Thinking Tools is, hoe elkeen werk.

Tydens sessies 5 en 6 gaan jy leer hoe om jou leerders te bemagtig om Thinking Tools in jou vak te gebruik.

Die sesde hoofstuk gee ook vir jou praktiese lesbeplanning riglyne om die kinders aan die gang te kry.

Jou leerders gaan 'n Thinking Tools werkboek hê waarin jy duidelik kan sien wat 'n leerder weet en nie weet nie. Jy kan dieselfde werkboek tydens oueraande kan gebruik om aan ouers en voogde hul kind se vordering te wys.


Nadat jy die kursus voltooi het, word jy uitgenooi na dink-webinare waar ons nuutse insigte deel, lesbeplanning bespreek en jou verder ontwikkel teen geen ekstra koste nie. Jy kan ook betrek word om vir kinders Thinking Tools ekstraklasse aan te bied. Dit kan later vir jou n ekstra inkomste bied.


Jy ontvang ook 'n sertifikaat wat jou nuwe bekwaamhede aandui. Jy kan dit ook op jou CV aandui.

Hier is 'n oorsig oor die INHOUD VAN DIE KURSUS.


Terugvoer oor die kursus

Jy gaan wonderwerke oor tafels hoor wat juffrou Danel Krynauw hier beskryf.

Hier is die terugvoer deur Annelize Croucamp wat 'n ekstraklas waargeneem het.

Kyk na juffrou Roché de Villiers 'n wiskunde onderwyseres se terugvoer oor haar leerders se betrokkenheid.


Hoe gouer jy inskryf, hoe vinniger gaan jou leerders kwaliteit werk lewer, hulle jou vak gaan geniet en punte styg.

Die kursus is geregistreer by SACE en jy as jy n onderwyser is verdien jy 30 CPTD punte. Jy ontvang ook 'n Thinking Tools SERTIFIKAAT.

Die koste van die kursus is R800 vir die volledige kursus wat jy met 'n EFT of krediet- of debietkaart kan betaal.

Jy kan dit ook in twee paaiemente van R400 met 'n debiet- of kredietkaart betaal of 34 paaiemente van R200

Alle dokumente is aanlyn beskikbaar.

Om aan te sluit, kliek hieronder om op die Marvelous Minds webwerf in te skryf.

Na jy geregistreer het kan jy na die hele kursus kyk voor jy inskryf

Nadat jy ingeskryf het, WhatsApp vir Cas met jou naam en van en die grade en vakke wat jy onderrig

Direk nadat jy geregistreer het, gaan jy by 'n lesbeplannings WhatsApp-groep aansluit waar jy gratis verder ondersteun word en self ook nuwe dinge kan uitdink waarby ons almal kan baat.

Hier is riglyne wat jou mooi wys hoe om te registreer


Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.