Graad 3 Wiskunde Thinking Tools Klasse


Versterk Jou Kind Se Wiskunde Boublokke

Ons identifiseer en versterk die boublokke wat gemis is, sodat jou kind met selfvertroue kan leer hoe om somme uit te figure. Hierdie sterk fondament verseker nie net toekomstige sukses nie, maar verbeter ook onmiddellik jou kind se graad 3 wiskunde punte.

Ons leuse is: Ons bemagtig kinders om uit te figure sodat hulle somme kan doen.

In die aanlynklas gaan jy presies sien hoe help ons kinders wat sukkel.

Een van die hoofredes waarom grondslagfase kinders met wiskunde sukkel is onkunde oor die brein en denke. In 'n Thinking Tools klas hou ons hierdie insigte heeltyd tydens ons onderrig in gedagte.

Doel is om die boublokke wat gemis is te dentifiseer en versterk, sodat jou kind met selfvertroue kan leer hoe om somme uit te figure.

Hierdie sterk fondament verseker nie net toekomstige sukses nie, maar verbeter ook onmiddellik jou kind se graad 3 wiskunde punte.

Ons het opgemerk dat kinders in hoër grade sukkel met wiskunde omdat die basiese beginsels nie stewig gevestig is nie. Deur hierdie leemtes in graad 3 aan te spreek, help ons om 'n soliede grondslag te bou wat toekomstige sukses in wiskunde verseker.

Verder, deur die basiese beginsels te versterk, styg jou kind se graad 3 punte, wat hulle selfvertroue en akademiese prestasie 'n hupstoot gee.

Omdat ons die brein se bedrading verstaan weet ons byvoorbeeld waarom jou kind ure en ure spandeer om tafels te leer en dit dan nog nie ken nie.

'n Ander wentegniek is dat ons weet hoe om silo's tussen afdelings af te breek sodat jou kind wyer kan dink en kan raaksien hoe om 'n som te doen.


Oorweeg ook om vir die Mamma/Juffrou Graad RR tot 3 Thinking Tools kusus n te skryf om jou kind die volledige voorsprong te gee

Hierdie is 'n Thinking Tools unieke model om denke te verstaan

Om wiskundig sterk te wees moet jou kind oor 'n stewige abstrakte makro-vlakdenke beskik, sodat jou kind konseptueel kan dink en gedagtes proseseer.

Dit bied weer 'n stewige vastrapplek vir mikro denke wat met verhoudings en relasies te doen het.

Wiskunde klasse vind plaas op die nano-denke vlak waar ons met konkrete wiskunde konsepte werk.

Die doel waarnatoe ons werk is om jou kind op die outomaties-atomiese denkvlak te kry, waar jou kind kan sien wat die som vra en waarheen die som gaan. Op hierdie vlak dink jou kind se brein dan so vinnig soos die spoed van wit lig.

Wat jy van die kursus kan verwag

Die klasse word gedoen met mammas en kinders wat net soos jou kind beter wil doen in wiskunde.

Dit word aangebied as aanlynklasse waar jy presies gaan sien hoe help ons kinders wat sukkel.

Alle klasse word opgeneem en elke maand word nog klasse opgelaai .

Ons het in Junie 2024 met die program weggespring en daar is reeds meer as 10 klasse van 'n uur elk beskikbaar. Jy kry onmiddelike toegang wanneer jy registreer.


Jou Belegging In Jou Kind Se Toekoms

Teen net R100 per maand het julle toegang tot 10 nuwe 1-uur wiskunde klasse per maand.

Die vorige klasse bly beskikbaar vir weer kyk.

Die betalings word net tot einde November gedoen en dan gestaak.

Kanselleer enige tyd deur net vir Cas Olivier te WhatsApp 0832592857

Hier is die heel eerste klas wat ons gedoen het oor optel.

Ons het afgeskop met tafels en vermenigvuldiging, woordsomme, optel tegnieke met verskeie metodes .


Skryf jou kind vandag in by Thinking Tools se graad 3 vetpret wiskunde klasse en sien hoe jou kind se selfvertroue, vermoëns en punte groei!

Open chat
Send a message to learn how Thinking Tools can benefit you.