Nadat jy die kursus voltooi het, kwalifiseer jy vir 'n GRATIS internskap waar jy onder andere insit in wiskunde ekstra klasse wat lewendig met Zoom deur Thinking Tools Spesialis onderwysers aangebied word. Kliek HIER vir meer inligting.
Hierdie kursusse behoort deur die skool of die department van onderwys befonds te word. Kliek HIER vir 'n motiveringsbrief aan die Bestuursliggaam.
Wat jy wil weet
In hierdie kursus kan jy verwag dat jou leerders meer gefokus en suksesvol sal raak terwyl jy minder werk, danksy die boeiende Thinking Tools-benadering. Hierdie metode sal sukkelende studente help om te verbeter, aktief in die klas deel te neem, en meer akademies avontuurlustig te wees. Klaskamerbestuur en dissipline sal ook voordeel trek uit die verhoudingsgebaseerde Thinking Tools-benadering, wat daarop gemik is om leerders se punte en motivering te verhoog.
Die kursus stel nuwe en opwindende metodes bekend wat tradisionele onderrigparadigmas verander. Jy sal leer waarom jou huidige praktyke dalk nie effektief is nie en hoe om studente beter te betrek in hul leerproses. Deelnemers sal 'n verandering in hul onderrigstyl sien namate hulle ontdek hoe om leerders se aandag te behou en hulle in kennisskeppers te verander.
Die Thinking Tools-metode bied ook tegnieke aan vir die begrip en oplossing van probleme, insluitend die lees van tyd en die hantering van woordsomme. Deur leerders se ingebore Thinking Tools te ontwikkel, sal jy hulle bemagtig om vakke meer effektief te bemeester, breuke te verstaan, en begrip te verbeter. Hierdie omvattende benadering belowe om beide onderrig en leer ervarings in jou klaskamer te verbeter.
Let op die volgende:
Hierdie is 'n gratis graad 8 wiskunde Thinking Tools les oor verhoudings (woordsomme) deur Juffrou Elma Dreyer
Elma en Belinda is twee van 10 Wiskunde onderwysers wat opgelei is as Spesialis Thinking Tools onderwyser. Wat julle hier sien is net een van honderde ander klasse wat hulle tydens hul Internskap opleiding ontwikkel en aangebied het.
Hierdie is 'n gratis graad 11 Thinking Tools wiskunde ekstraklas om meer insig in die parabool te kry deur Juffrou Belinda Pretorius
Saam met hulle ontwikkeling met die res van die span, is die rede waarom Thinking Tools kursusse Suid-Afrika se No 1 kursus vir onderwysers en kinders is. Ons hou nooit op om te ontwikkel nie - ook in al die ander vakke. Jy kan ook hierdie vlak bereik en nog meer nadat jy die basiese kursus voltooi het.
Wat is ingesluit?
Dit is 'n interaktiewe aanlynkursus wat jy een jou eie tyd en pas doen. Met interaktief word bedoel dat jy by die kursusgesprekke betrek word en so saamleer en doen.
Alle kursus materiaal is onmiddelik aanlyn beskikbaar om afgelaai te word
Tydens die eerste sessie val die fokus op opwindende nuwe kopskuiwe. Sessies 2 tot 4 fokus op die Thinking Tools is, hoe elkeen werk.
Tydens sessies 5 en 6 gaan jy leer hoe om jou leerders te bemagtig om Thinking Tools in jou vak te gebruik.
Die sesde hoofstuk gee ook vir jou praktiese lesbeplanning riglyne om die kinders aan die gang te kry.
Jou leerders gaan 'n Thinking Tools werkboek hê waarin jy duidelik kan sien wat 'n leerder weet en nie weet nie. Jy kan dieselfde werkboek tydens oueraande kan gebruik om aan ouers en voogde hul kind se vordering te wys.
Hier is 'n oorsig oor die INHOUD VAN DIE KURSUS.
Nadat jy die kursus voltooi het, word jy uitgenooi na dink-webinare waar ons nuutse insigte deel, lesbeplanning bespreek en jou verder ontwikkel teen geen ekstra koste nie.
Die kursus is geregistreer by SACE en jy as jy n onderwyser is verdien jy 20 CPTD punte. Jy ontvang ook 'n Thinking Tools SERTIFIKAAT wat jou nuwe bekwaamhede aandui. Jy kan dit ook op jou CV aandui.
Wat is die koste?
Die koste van die kursus is R800 vir die volledige kursus wat jy met 'n EFT of krediet- of debietkaart kan betaal.
Indien meer ouer/onderwysers gelyktydig inskryf word die prys beter.
Jy kan ook die kursus in twee paaiemente van R400 elk met jou krediet- of debietkaart betaal.
Jy kan ook die kursus in vier paaiemente van R200 elk met jou krediet- of debietkaart betaal.
Hoe skryf ek in?
Registreer gratis op die Marvelous Minds Platform: Die "Enrollment Key" is 2025
Direk nadat jy geregistreer het, gaan jy by 'n lesbeplannings WhatsApp-groep aansluit waar jy gratis verder ondersteun word en self ook nuwe dinge kan uitdink waarby ons almal kan baat.
Wiskunde onderwysers se terugvoer na een uur se opleiding
Grondslagfase juffrouens se terugvoer na die eerste sessie.
GET IN TOUCH
VISIT US ON SOCIAL MEDIA
Join the Thinking Tools for creative accelerated learning (English group)
Join the Thinking Tools for creative accelerated learning (Afrikaans group)
Go the Thinking Tools Way For Creative Accelerated Learning
©2024 LearningDesigns. All Rights Reserved