Graad 2 Wiskunde Figure out klasse vir slegs R100 of R280 per maand

Thinking Tools Graad 2 Wiskunde program

Let op die volgende in die opname oor die leeromgewing:

  • Hoe die kinders gelei word lei om self die somme uit te figure.
  • Daar word vir elke kind 'n veilige denkomgewing geskep word.
  • Hoe kinders vrae begin beantwoord wat mens nie dink is moontlik is nie.
  • Hoe kinders se selfvertroue om te waag, groei.

Die doel van die klasse:

  • 'n Wiskunde som is vir 'n kind moeilik omdat die fondasie wat nodig is vir die som nog nie vir die kind maklik is nie.
  • Omdat Thinking Tools die enigste in die land is weet ons dat insig net gebeur as daar in die gedagtes 'n sluiting in die brein plaasvind. As die sluiting nie gebeur nie, het leer nie plaasgevind nie.
  • Die onderwyser kan nie namens die kind 'n sluiting maak nie, jou kind moet dit self doen.
  • Dit bou breinbane en maak jou kind wiskundig sterk.
  • Indien jou kind nie sterk wiskundige denke ontwikkel het nie, sal die punte nie konstant goed wees in volgende grade nie en sal jy die heel tyd bekommer.

Ons begin eers 13 April met die eerste graad 2 wiskunde figure out klas. Hier is solank 'n graad 3 klas om gratis na te kyk.

Onderwysers wat die Grondslagfase kursus doen kan ook hierdie vlak van onderrig bereik en nog meer nadat jy die basiese kursus voltooi het.

Opsie 1 = R100 per maand

Omdat ons 15 April 2026 begin is daar nog nie opname klasse beskikbaar nie.
Daarom sal die opsie eers vanaf Mei 2026 beskikbaar wees.


Opsie 2 = R280 per maand

Dan kan jy en jou kind deelneem aan vier (4) lewendige Zoom figure-out wiskunde klasse per maand gedurende skoolkwartale

PLUS

toegang tot die reeds opgeneemde figure-out wiskunde klasse soos julle opgeneem word.

Om die eerste klas by te woon, skryf in op Sondag 12 April 2026

Ons lewendige Zoom wiskunde ekstraklas vind plaas Maandae middae 17:15 tot 17:50 met Zoom

Wat jy wil weet

Waarom is Thinking Tools benadering tot wiskunde uniek?

  • Tradisioneel word jou kind onderrig om wiskundemetodes of resepte te volg en dit is waar die probleme met wiskunde begin, want die brein is nie bedraad om resepte te onthou nie. Daarom leer ons jou kind om somme uit te figure.
  • Ons identifiseer en versterk leemtes in jou kind se wiskunde boublokke sodat jou kind met selfvertroue kan leer hoe om somme uit te figure.
  • Hierdie sterk fondament verseker nie net toekomstige sukses nie, maar verbeter ook onmiddellik jou kind se graad 2 wiskunde punte.
  • Indien jou kind op hierdie stadium nog nie somme self kan uitfigure nie, het jou kind reeds 'n agterstand.

Ons het opgemerk dat kinders in hoër grade sukkel met wiskunde omdat die basiese beginsels nie stewig gevestig is nie. Deur hierdie leemtes reeds in graad 2 aan te spreek, help ons om 'n soliede grondslag te bou wat toekomstige sukses in wiskunde verseker.

Ons neem kinders jaar vir jaar deur tot in graad 12.

Wat is ingesluit?

Van die onderwerpe wat gedoen word, is:

  • Duisende, honderde, tiene en ene
  • Optel en aftrek getalpatrone en die getallelyn
  • Woordsomme
  • Tafels en deel
  • Geld
  • Breuke


Hoe skryf ek in?

Registreer op die Marvelous Minds Platform: Die "Enrollment Key" is 2025

Nadat jy ingeskryf het is daar 'n WhatsApp skakel na Opsie 1 en Opsie 2 Thinking Tools Club waar jy hulp en ondersteuning kry.

Jy betaal met Payfast wat elke maand op dieselfde dag die bedrag aftrek.